LAERSKOOL ROOIHUISKRAAL
Hoë akademiese standaarde, ‘n gedissiplineerde geborge atmosfeer, aktiewe deelname aan sport en kulturele aktiwiteite en ‘n spontane, entoesiastiese gees.Om saam met u toe te kyk hoe u kind ontluik, is vir ons ‘n voorreg.
-
Hegte bande tussen skool en ouer is belangrik vir die ontwikkeling van u kind.
-
Ons doel is om saam met u toe te kyk hoe u kinders hul talente ontwikkel binne ‘n veilige, ondersteunende omgewing.
-
Ons sien uit na die uitbreiding van selfvertroue en waagmoed wat hul sal bemagtig om die lewe positief te benader.
-
Ons nooi u om te deel in 'n vennootskap met Die Laerskool Rooihuiskraal. Saam sal ons streef om u kind, volkome toe te rus vir die lewe daar buite en die geweldige eise van die toekoms.
-
Ons weet dat u tyd by Laerskool Rooihuiskraal ‘n aangename ervaring sal wees en verwelkom u by ons moderne, dinamiese skool.
-
As u enige navrae het, is u welkom om ten enige tyd die skool te kontak.
Rooimiere bo!
|