Grondslagfase

Akademie – Ons Eerste Prioriteit

Die Laerskool Rooihuiskraal is sedert sy opening op 8 Januarie 1990 bekend daarvoor dat daar ‘n baie hoë premie op die akademie geplaas word.  Daar word aan elke leerder die geleentheid gegee om optimaal op akademiese gebied te presteer - vandaar die yslike groei in getalle: 380 wat op 9 Januarie 1990 vir die eerste keer as Rooimiere oor die drumpel van Die Laerskool Rooihuiskraal gestap het, tot by die 1865 wat tans ingeskryf is. Jaarliks word elke leerder op akademiese gebied vereer tydens ons  Meriete funksies wat vir elke graad gehou word. (Ander aktiwiteite in die skool het ook hul eie afsonderlike meriete funksies.)

Die Laerskool Rooihuiskraal beskik oor ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeel. Die CAPS-kurrikulum word op oorspronklike wyse, met sorg dat basiese vaardighede goed vasgelê word, geimplimenteer. Leerders se vaardighede word in die geheel ontwikkel, met uitgebreide geleenthede om spesifieke talente uit te brei en erkenning daarvoor te kry. Deurlopende assessering sorg dat enige probleemarea binne ‘n kort tyd geidentifiseer word en dat hulpverlening dadelik gegee kan word. Ons is trots daarop dat ons Akademiese merietefunksies aan die einde van die jaar, erkenning aan elke Rooimier gee.

Graad R:

-     Die Laerskool Rooihuiskraal se Graad R’e bestaan reeds vanaf 2009 en daar is tans 8 klasse: Elk met ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en ‘n voltydse assistent. Die CAPS dokument word gevolg en vorm die grondslag van wat beskou word as kennis, vaardighede en waardes. Die Swartmiere leer spelenderwys om in totaliteit te ontwikkel.

-     Die Graad R’e volg ‘n dagprogram en buitemuurse aktiwiteite, soos: Rugby, krieket, Eksperi-Lab, drama, Active English, Sporty Girls, Playball, ens. word tydens vryspel aangebied.

-     Spesiale geleenthede wat slegs deur die Graad R’e aangebied word deur die jaar sluit in:

  1. Oupa- en Oumadag
  2. Mamma- en Pappadag
  3. Gradeplegtigheid
  4. Pret-aktiwiteite soos poppekas, die maak van pizzas, ens.

Grondslagfase:

-      Tale: Afrikaans Eerste taal & Engels Eerste Addisionele taal.

-      Wiskunde

-      Lewensvaardigheid