Makro / My School

Met die ouers se ondersteuning ontvang die skool twee keer per jaar geld terug vanaf Makro. Die bedrag word bereken op ‘n persentasie van die wins van ouers se aankope. Hierdie projek is al die afgelope twee jaar uiters suksesvol en ons moedig al ons ouers aan om hul Makro kaarte (persoonlike- sowel as besigheidskaarte) aan die skool se profiel te koppel. Dit kan in die winkel gedoen word by die kliënte afdeling of aanlyn by www.makro.co.za (volg net die “School Programme” roete op die tuisblad van die webtuiste – ons skool is gelys as ROOIHUISKRAAL LAERSKOOL).

Ouers kan ook aansoek doen vir My School kaarte en by deelnemende winkels hul kaarte toon om vir die skool winste te genereer. Vorms om aansoek te doen vir My School kaarte, is beskikbaar in die skool se kantoor. U kan ook aanlyn aansoek doen by http://www.myschool.co.za/.