Rooimier Uitrusters

Voorkoms & Skooldrag

Ons dra ons skooldrag met trots!

Elke skool ontwikkel sy eie tradisies wat ‘n bepaalde beeld na buite uitstraal. ‘n Deel van hierdie beeld is die voorkoms van die leerlinge. Dit is hier waar skooldrag se waarde ter sprake kom. Dit laat ‘n kind gouer deel van die skool voel. Deur hulle eenvormige, netjiese skooldrag, identifiseer die leerlinge met hul skool. Dit wek skooltrots en ‘n gevoel van eiewaarde vanweë identifisering met die groep.

-          Leerlinge moet aandag gee aan persoonlike higiëne.

-          Leerlinge & ouers moet stiptelik hou by die voorgeskrewe skooldrag vir seuns & dogters.

-          Alle kledingstukke moet asb. DUIDELIK GEMERK word.

-          Gr. 1 tot Gr. 7 skoolkleure is grys, rooi, swart en wit. Alle skooldrag moet aangekoop word by Rooimier Uitrusters wat vanuit die skoolsaal se voorportaal bedryf word.

-          Wanneer leerlinge verjaar, mag hulle huisklere aantrek.

Die Laerskool Rooihuiskraal se skooldrag is slegs beskikbaar by die klerewinkel op die skoolterrein: Rooimier Uitrusters:

-          Marlene Jordaan

-          This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Voorgeskrewe skooldrag:

Graad R – Seuns & Dogters:

-          Eie denimbroek.

-          Eie hardloopskoene (“tekkies”) of kaalvoet.

-          Swart gholfhempie met motief (slegs by die skool te kry).

-          Swart Dri-Mac (by die skool te kry).

-          Grys skooltrui (by die skool te kry).

Graad 1 tot Graad 7:

Seuns Somersdrag:

-          Rooi gholfhemp vir Gr. 1 tot Gr. 6 leerders (geen wapen of motief maar spesifieke hemp slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar).

-          Grys gholfhemp vir Gr. 7 leerders (slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar).

-          Swart rugbybroek met rooi & wit strepie op linkerbeen vir seuns (slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar).

-          Rooi sokkies.

-          Wit hardloopskoene (“tekkies”).

-          Leerders mag ook kaalvoet wees.

Dogters Somersdrag:

-          Rooi gholfhemp vir Gr. 1 tot Gr. 6 leerders (geen wapen of motief maar spesifieke hemp slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar).

-          Grys gholfhemp vir Gr. 7 leerders (slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar).

-          Geruite broekrompie vir dogters (spesiaal geweefde materiaal, slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar). Lengte van rompie: 5 tot 10 cm bokant die knie.

-          Rooi sokkies.

-          Swart skoene met bandjie oor die voet of toerygtipe.

-          Leerders mag ook kaalvoet wees.

Seuns & Dogters Wintersdrag:

-          Rooi gholfhemp of langmouhemp (slegs by Rooimier Uitrusters beskikbaar).

-          Rooi skoolsweetpak.

-          Rooi sokkies.

-          Wit hardloopskoene (“tekkies”).

-          Dogters mag swart skoene soos met somersdrag ook dra saam met die wintersdrag.

Sportdrag:

-          Die dra van ‘n skoolsweetpak tydens sport- en atletiekoefening is opsioneel. Indien ‘n sweetpak gedra word, moet dit alleenlik Die Laerskool Rooihuiskraal se sweetpak wees. Toeskouers (leerlinge) by sportwedstryde moet skooldrag dra.

-          Swart atletiekbroekie en rooi atletiekhempie is by Rooimier Uitrusters beskikbaar.

-          Voorskrifte van drag vir verskillende sportsoorte sal deur afrigters deurgegee word.

Uitstappies:

-          Volle skooldrag volgens seisoen of volgens hoof se instruksies onder bepaalde omstandighede.

Hare:

-          Leerlinge se hare moet netjies versorg wees.

-          Geen karteling of kleur van hare word toegelaat nie.

-          Seuns se hare moet kort, netjies en in ‘n eenvoudige haarstyl wees.

-          Dogters se hare mag nie in die oë hang nie en moet te alle tye netjies weggebind wees. Skouerlengte hare moet vasgemaak word.

-          Haartooisels mag slegs rooi, wit, swart of grys wees.

-          Die hoof en bestuur kan op enige tydstip ‘n ouer kontak indien ‘n haarstyl onvanpas is.

Oorringetjies:

-          Slegs klein ringetjies of knoppies word toegelaat. Slegs een per oor.