Snoepwinkel

Die Rooimiere se snoepwinkel word privaat bedryf en funksioneer hoofsaaklik op die Lunchcard-sisteem, alhoewel kontant ook aanvaar word maar nie aanbeveel word gedurende die skooldag nie.

Die snoepie verkoop voor skool slegs toebroodjies, muffins, melkies, 100% vrugtesap en water. Tydens eerste pouse word skyfies daarby verkoop, en tydens tweede pouse word lekkernye soos sjokalades, suigstokkies, ens. ook verkoop.

Ouers word aangemoedig om inligting te bekom rakende die Lunchcard-sisteem by www.lunchcard.co.za. Op hierdie wyse kan ouers beheer uitoefen oor hoeveel geld hul kinders op ‘n keer spandeer, asook wat gekoop mag word met die kaart. Die sisteem laat snoepie rye ook vinniger beweeg en verminder die risiko van leerders wat onnodig met geld rondloop. Elke lunchcard het ‘n unieke kode en ID foto van die leerder.

Kontakpersoon: Me. Anneldi Morkel

Kontakbesonderhede: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.