Sport

Atletiek

Laerskool Rooihuiskraal bied aan elke Rooimier vanaf O/6 –O/13 seuns en dogters die geleentheid om aan atletiek deel te neem. Die atletiek seisoen begin reeds in Oktober en eindig in Maart. Die Rooimiere neem aan beide weg- sowel as tuisbyeenkomste deel.

Atletiek items sluit in: naellope, hekkies, middelafstande, hoogspring, verspring, gewigstoot, diskus en spiesgooi.

Jaarlikse hoogtepunte sluit die Cluster-byeenkoms in waar al die Centurion skole deelneem, en vind gewoonlik vroeg in Februarie plaas.

Die Distrik byeenkoms wat die groter Tshwane Suid distrik insluit, vind ook in Februarie plaas. Hier kry atlete die geleentheid om te kwalifiseer om aan die Gissa byeenkoms wat einde Februarie plaasvind deel te neem.

Die atletiek seisoen eindig middel Maart na afloop van die Suid-Afrikaanse byeenkoms. Die Rooimiere verteenwoordig jaarliks hul provinsie by die SA kampioenskappe en kan spog met ‘n paar SA kampioene oor die jare.

Elke atleet kry die geleentheid om sy Skool, Cluster, Distrik en uiteindelik sy Provinsie te verteenwoordig en by die jaarlikse meriete funksie kry elke atleet erkenning vir sy/haar deelname gedurende die seisoen.

Gholf

Die Laerskool Rooihuiskraal Gholf Akademie bied die geleentheid vir gholfspelers om op 'n ongeëwenaarde standaard te ontwikkel. Ons Rooimier gholfspelers het die geleentheid om gholf as sport te neem by die skool, waar teoretiese aspekte prakties uitgevoer word. Die leerders ontwikkel vaardighede om dus sy skool te teenwoordig in die liga asook vir sy gholf loopbaan vorentoe! Die Akademie bied die geleentheid vir seuns en dogters van alle ouderomme om deel te wees van die gholf ontwikkelingsvaardighede. Gholf in laerskole is besig om behoorlik vlam te vat en leerders word bloodgestel aan kompetiesie teen ander skole en provinsies. 
 
Die Laerskool Rooihuiskraal se gholfspan het in 2015 tweede in die liga geeindig en was algeheel 3de in Pretoria. Ons beoog om dié jaar twee seuns liga-spanne in te skryf en ‘n dogterspan!
 
Om in aanraking met die skool se gholf organiseerder te kom, kontak gerus Mnr Gerrie Oosthuizen (Jnr).
 
E-pos:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
 
Blog: gholflsrhk.blogspot.com
 
Tel: 0724406097 

Netbal

Rooimier Netbal is hoofsaaklik ‘n wintersport wat reeds gedurende die eerste kwartaal plaasvind. Die ouderdomsgroepe wat betrek word is 0/7 tot 0/13. Bekwame afrigters werk op ‘n daaglikse basis met die dogters en alle vaardighede rakende netbal word vir die dogters aangeleer en sodoende word ‘n liefde vir die spel gekweek.
 
Die 0/7 dogters volg ‘n 14 week intensiewe “bekendstelling aan netbal” program. Tydens die netbalseisoen speel ons 0/8 en 0/9 dogters 4 Mini-netbaltoernooie.
 
Die groter dogters, 0/10 tot 0/13, neem aan ‘n liga deel waar hulle Dinsdae en Donderdae wedstryde speel. Ons 0/13 dogters neem ook jaarliks tydens die Maart/April vakansie aan die Sun City Challenge deel – ‘n toernooi wat by Sun City aangebied word.
 
Jaarliks neem daar omtrent 350 dogters intensief deel aan netbal by Laerskool Rooihuiskraal en dit is ‘n voorreg vir die onderwysers om met ons pragtige kinders op en af van die netbalbaan te spog!
 
Netbalorganiseerder: Me. Annalize Botha
 
Kontakbesonderhede: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Hokkie

Laerskool Rooihuiskraal se hokkie seisoen skop af in Junie sodat leerders bietjie tegniek kan hersien en fiksheid kan opbou. Die eerste liga wedstryde begin reeds vroeg in die derde kwartaal en in totaal speel leerders ongeveer 5 tot 8 liga wedstryde in geudrende die seisoen.

Die dogters het tans ‘n 0/11A, 0/12 A en B, sowel as ‘n 0/13A en B span wat ingeskryf word vir die liga. Die seuns skryf ‘n 0/12A en 0/13 A en B span in. Daar is ook mini-hokkie vir die dogters vanaf 0/8 tot 0/10.

Rugby

Rugby by Laerskool Rooihuiskraal word in die lig van positiewe sportmangees benader! Daar word nie aan ‘n liga deelgeneem nie, maar ons Rooimiere speel jaarliks teen die sterkste skole en presteer uitstekend teen die opponent. ‘n Toer na Grey Kollege is een van ons groot hoogtepunte waartydens die O/13 A & B, sowel as die O/11 A spanne jaarliks in die Super Series by Grey Kollege te staan kom teen die top skole regoor Suid-Afrika. Die O/13 A span speel ook in die jaarlikse Trinity House Festival gedurende Mei-maand.

Ons seuns kry ook die geleentheid om in die O/12 en O/13 Blou-Bul spanne opgeneem te word.

Rooimier Rugby spog met 13 spanne in die skool vanaf 0/9 tot by 0/13, met meeste ouderdomsgroepe wat A tot D spanne oplewer.

Rugby in Rooimierland word nie net gesien as 'n sport nie, maar as 'n integrale deel van elke seun se opvoeding in sy vormingsjare. Ons poog om elke seun die beste moontlike geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik.

Bulletjie Rugby word ook aangebied vir 0/6 tot 0/8 leerders en word deur ouers afgerig. Hierdie leerders kry genoegsame blootstelling en die fokus op Rooimier Bulletjie Rugby is eerstens om ‘n liefde en positiewe sportmanskap teenoor die spel en mede-rugbyspelers te kweek.

Krieket

Ons krieket begin direk na die rugby seisoen en ‘n toer vir die o/10 tot o/13 spanne word jaarliks gedurende die Junie/Julie vakansie onderneem om gereed te maak vir die seisoen. Gedurende hierdie toer ontvang die seuns afrigting by van die beste afrigters in ons provinsie. Elke span speel ook ten minste 4 wedstryde op hul toer.

Die skool neem ook deel aan die liga wat jaarliks in die 3de kwartaal plaasvind. Die volgende spanne neem deel aan die liga: o/9A en B, o/10A B, o/11A en B, o/12 A en B, asook o/13A en B.

Ons o/11A en o/13A krieketspanne neem ook elke jaar deel aan die Titans se aandreeks kompetisie.

Gedurende die 3de en 4de kwartaal vind die BevCric plaas vir al die o/6, o/7 en o/8 krieketspelers.

Die skool spog ook met meisieskrieket wat die afgelope 3 jaar alreeds twee keer die kampioene was van die Titans se o/13 liga.

Tennis

Die Rooimiere se tennis liga’s vind jaarliks plaas in die eerste- en derde kwartaal. Tennis afrigting is beskikbaar vir seuns en dogters vanaf 10 tot13 jarige ouderdom. Afrigting vind plaas en spanne word gekies op meriete. Ons Rooimiere neem deel aan top skole en onderwysers vergesel die spanne wat aan die liga deelneem, op Maandae na hul verskeie wedstryde.


Tennis organiseerder: Amanda Prinsloo
Tennis afrigter: Phillip Volschenk
Kontakbesonderhede: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / Phillip 084 888 1358