Atletiek

Laerskool Rooihuiskraal bied aan elke Rooimier vanaf O/6 –O/13 seuns en dogters die geleentheid om aan atletiek deel te neem. Die atletiek seisoen begin reeds in Oktober en eindig in Maart. Die Rooimiere neem aan beide weg- sowel as tuisbyeenkomste deel.

Atletiek items sluit in: naellope, hekkies, middelafstande, hoogspring, verspring, gewigstoot, diskus en spiesgooi.

Jaarlikse hoogtepunte sluit die Cluster-byeenkoms in waar al die Centurion skole deelneem, en vind gewoonlik vroeg in Februarie plaas.

Die Distrik byeenkoms wat die groter Tshwane Suid distrik insluit, vind ook in Februarie plaas. Hier kry atlete die geleentheid om te kwalifiseer om aan die Gissa byeenkoms wat einde Februarie plaasvind deel te neem.

Die atletiek seisoen eindig middel Maart na afloop van die Suid-Afrikaanse byeenkoms. Die Rooimiere verteenwoordig jaarliks hul provinsie by die SA kampioenskappe en kan spog met ‘n paar SA kampioene oor die jare.

Elke atleet kry die geleentheid om sy Skool, Cluster, Distrik en uiteindelik sy Provinsie te verteenwoordig en by die jaarlikse meriete funksie kry elke atleet erkenning vir sy/haar deelname gedurende die seisoen.