Rugby

Rugby by Laerskool Rooihuiskraal word in die lig van positiewe sportmangees benader! Daar word nie aan ‘n liga deelgeneem nie, maar ons Rooimiere speel jaarliks teen die sterkste skole en presteer uitstekend teen die opponent. ‘n Toer na Grey Kollege is een van ons groot hoogtepunte waartydens die O/13 A & B, sowel as die O/11 A spanne jaarliks in die Super Series by Grey Kollege te staan kom teen die top skole regoor Suid-Afrika. Die O/13 A span speel ook in die jaarlikse Trinity House Festival gedurende Mei-maand.

Ons seuns kry ook die geleentheid om in die O/12 en O/13 Blou-Bul spanne opgeneem te word.

Rooimier Rugby spog met 13 spanne in die skool vanaf 0/9 tot by 0/13, met meeste ouderdomsgroepe wat A tot D spanne oplewer.

Rugby in Rooimierland word nie net gesien as 'n sport nie, maar as 'n integrale deel van elke seun se opvoeding in sy vormingsjare. Ons poog om elke seun die beste moontlike geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik.

Bulletjie Rugby word ook aangebied vir 0/6 tot 0/8 leerders en word deur ouers afgerig. Hierdie leerders kry genoegsame blootstelling en die fokus op Rooimier Bulletjie Rugby is eerstens om ‘n liefde en positiewe sportmanskap teenoor die spel en mede-rugbyspelers te kweek.